
Johan de Wet beklee die pos sedert 2000 en is die derde voorsitter in die geskiedenis van die NHS. Vorige voorsitters was dr. A.J. Visser (1962 tot 1981) en Hendrik Sloet (1981 tot 2000).
Johan is in Pietersburg (nou Polokwane) gebore, waar hy aan die Hoërskool Pietersburg gematrikuleer het. Hy het ’n BA-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf en was sedert 1957 ’n joernalis.
Voordat hy in 2001 afgetree het, was hy redakteur agtereenvolgens van Die Volksblad, Beeld en Rapport. Hy was ook vir ’n paar maande lank mederedakteur van City Press, ’n Sondagkoerant wat gerig was op swart lesers.
◆
←Terug na Ons direksie