NHS
Terug na Ons direksie

Direkteur

Frik van Deventer

Frik van Deventer

Frik van Deventer het in 1986 aan Afrikaans Hoër Germiston gematrikuleer waarna hy B.Proc aan die destydse PU vir CHO (deesdae die Noordwes-Universiteit) studeer het.

Voordat hy in 1993 sy graad gekry het, was hy betrokke by verskeie studenteorganisasies, waar hy onder meer gedien het as lid van die studenteraad (jool). Hy was ook onder-primarius van die koshuis Villagers.

In 1995 is hy toegelaat as prokureur en hy praktiseer sedertdien in Gauteng, waar hy ook woon.

Vanaf 2002 tot 2013 was hy ’n direkteur van die nasionale firma Strauss Daly.

In Julie 2013 het hy Van Deventer Dlamini Ingelyf gestig as spesialis in sakeredding, likwidasies, bankreg en, oor die algemeen, kommersiële regswerk.

Frik is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Herstrukturering- en Insolvensiepraktisyns (SARIPA) en ’n ervare sakereddingspraktisyn.

Hy het vir ’n tydperk van drie jaar gedien as lid van die uitvoerende komitee van die konvokasie van die NWU, en is tans voorsitter van die Potchefstroomkampus-Alumni en visepresident van die NWU-konvokasie. Hy handhaaf steeds sy band met die universiteit en leef sy liefde vir studente en die studentelewe uit.

Frik geniet sy sport, ’n verskeidenheid musiek, die buitelug en draf ook graag wanneer hy kan.

Terug na Ons direksie