NHS
Terug na Ons direksie

Direkteur

Bobby Tait

BT

Prof. Bobby Tait, verbonde aan Unisa se Skool vir die Rekenaarwese, is ’n kundige op die gebied van kubersekerheid. Hy het reeds talle navorsingstukke gepubliseer en word dikwels genooi om op te tree op internasionale konferensies in Suid-Afrika, die buurstate en oorsee.

Hy het aan die Wes-Rand grootgeword en aan die Randse Afrikaanse Universiteit (nou die Universiteit van Johannesburg) gestudeer, waar hy uiteindelik ook klasgegee het voordat hy hom by Unisa aangesluit het.

Sy wye navorsing is gerig op informatika-sekuriteit ten opsigte van biometriese tegnologie wat eerder as gewone wagwoorde gebruik kan word om toegang tot rekenaars te verkry.

Hy spesialiseer in die ontwerp van beter - en alternatiewe - metodes en tegnologie vir die gebruik van vingerafdrukke, iris-, retina- en stemherkenning met die doel om rekenaargebruikers te beskerm teen kuberkraking of roofsagteware.

Hy is sedert 2019 lid van die NHS-direksie.

Terug na Ons direksie