Ek het in 2022 begin met my Bachelor of Social Science graad by Varsity College in Pretoria, met Sielkunde en Kriminologie as hoofvakke.   Ek is tans in my derde jaar en met die genade van God is ek weereens in die bevoorregte posisie om in my graadgroep die meriete bord te behaal.  Mense is my passie en ek wil altyd verstaan waarom hulle soms “anders” optree. Weereens, met die hulp van die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds, is ek in staat om my studies voort te sit.

Omdat ek ‘n ekstrovert is, gee mense vir my energie en daarom is familie vir my geweldig belangrik.

Familiekuiers en kuiers saam met vriende word baie geniet.

Ek wil graag vir die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds dankie sê vir die voorreg om met my studies te kan voortgaan en dat hul soveel ander studente bemagtig om ook hulle drome te kan verwesenlik.