Ek het in 2021 gematrikuleer aan die Hoërskool Florida. Ek het daarna my studies in Biomediese Ingenieurswese begin. Ek is tans in my 3de en finale jaar. Na voltooiing beplan ek om my studies voort te sit deur ‘n graad in Inligting-Ingenieurswese te volg. Ek is passievol oor tegnologie en die potensiaal wat dit bied vir probleemoplossing. Ek het ‘n besondere belangstelling in die toepassing van hierdie vaardighede binne die mediese sfeer, en my uiteindelike doel is om ‘n verskil te maak in die veld van Biomediese Ingenieurswese.

Ek geniet dit ook om skaak te speel en foto’s te neem in my vrye tyd. Skaak bied vir my ‘n geleentheid om my denkvaardighede te verskerp en my strategieë te ontwikkel, terwyl fotografie vir my ‘n kreatiewe uitlaatklep bied en ‘n manier is om die skoonheid van die wêreld vas te lê deur die lens van my kamera.

Van kindsbeen af het ek ‘n liefde gehad vir handewerk en ek het reeds in my laerskooljare geweet dat ek ‘n ingenieur wou word. Sonder die ondersteuning van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds sou hierdie droom nie moontlik gewees het nie. Ek is dankbaar vir die geleentheid om my studies voort te sit en gee alle eer aan God vir die sukses wat ek tot dusver bereik het. Ek sien uit daarna om my vaardighede en kennis toe te pas om ‘n positiewe impak te maak in die wêreld van biomediese ingenieurswese en om uiteindelik ‘n verskil te maak in die lewens van ander deur middel van innovasie en probleemoplossing.