Ek is tans n vierde jaar ‘Medical Orthotics and Prosthetic’-student.

Ek is op die oomblik besig met my praktiese ondervindingsjaar by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal , asook by n privaat praktyk in Sandton. Ek geniet dit om met die pasiënte te werk en sien baie interessante gevalle wat ons nie op kampus gesien het nie. Dit is baie anders as om klas te loop, maar ek sal dit vir niks verruil nie. Ek leer ongelooflik baie en geniet dit om te sien hoe die industrie mense se lewenskwaliteit verbeter.