Ek is Nicola Burger. Ek is 22 jaar oud en  tans ‘n 4de jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria.  Ek is besonder bevoorreg om weer ‘n toekenning te kan ontvang van die Noordelike Helpmekaar Studiefonds gebaseer op my 3de jaar uitslae van 2023.

Ek is baie dankbaar om al in my 4de jaar van studie te wees en net nog nader te kan wees aan my eindbestemming om my lewenslange droom te kan verwesentlik . Dit is om ‘n dokter te wees!    Dit is elke jaar so lekker om ‘n toekenning te ontvang van die NHSF, dit laat my altyd terugdink aan my vorige jaar se harde werk gevul met moeilike en lekker tye wat op die ou einde suksesvol uitgedraai het.  Dit spoor my aan en gee my weer nuwe hoop vir die moeilike studiejaar wat voorlê.  Dit is veral van toepassing op my 4de jaar medies!  Nie net het NHSF dit vir my bekostigbaar gemaak nie, maar spoor my ook jaar na jaar steeds aan om my beste te lewer.