Ek is tans ‘n vyfde jaar mediese student aan die Universiteit van Pretoria. My studies sover was ‘n doolhof van kennis en onverbiddelike toewyding. Ek geniet elke oomblik van die uitdaging wat my studies my bied!

Die afgelope jare was belaai met uitdagings en oorwinnings. Dit het my begrip van menslikheid, wetenskap en myself heeltemal hervorm. Met die einde in sig raak al die lang aande en ure die moeite werd. Ek is baie opgewonde oor die toekoms.

My huidige belangstelling is Oftalmologie. Ek is stel belang in hierdie veld omdat dit ‘n beroep is waarin ek my passie vir medies kan verenig met ‘n die impak wat dit inhou, op die herstel van visie, en hoe dit ‘n pasiënt se lewensgehalte kan verbeter.

Terwyl ek terugdink aan my reis as ‘n mediese student tot dusver, is ek diep diep dankbaar en nederig vir die voorreg om in die wêreld van medies te wees, en wil met opregte dankbaarheid die Noordelike Helpmekaar Studiefonds bedank vir die geleentheid wat hulle my bied.