Ek is tans ‘n vierde jaar Mediese student aan die Universiteit van die Witwatersrand en het al my graad voltooi in Biomediese Wetenskap by dieselfde Universiteit.

Ek het in 2022 aansoek gedoen vir die GEMP (Graduate Entry Medical Programme), ook by Wits, en is aanvaar om Medies te studeer.

Dit het baie van my geverg om aanvaar te word, omdat duisende studente aansoek doen en ongeveer net ‘n honderd studente aanvaar word.

Om medies te studeer, was nog altyd my passie, en om nie aanvaar te word direk na Hoërskool nie, het my laat besef dat my lewensreis om ‘n dokter te word nie maklik gaan wees nie. Nie te min, ek het my beste gelewer, skouer aan die wiel gesit en nie my oë van die prys afgehaal nie. Dis hoekom dit my so baie vreugde gee om tans in hospitale te wees om te leer en interaksie met pasiënte te hê. Dit maak al die laat aande en gekneusde knieë die moeite werd.

Vanjaar is my laaste jaar van slegs teoretiese leer en ek begin volgende jaar om voltyds in hospitale te werk en toe te pas wat ek geleer het die afgelope paar jaar.

Dit is opwindend en terselfdertyd intimiderend. Dus, is dit baie belangrik dat ek in my derde  en tans my vierde jaar fokus op my akademie, sodat ek in die hospitale kan instap en nie vreesbevange is nie en ook om  ‘n verskil te kan maak.

Die Noordelike  Helpmekaar-Studiefonds help my juis dat ek nie bekommerd hoef te wees oor befondsing vir my graad nie en om sodoende te konsertreer op my studies. Daarvoor sal ek hulle ewig dankbaar wees. Ek kon nie so ver gekom het sonder hulle finasiële ondersteuning nie.