Ek is tans ‘n derdejaar BCom (Bestuurswetenskappe)-student met ‘n fokus op Kommunikasiebestuur aan die NWU se Potchefstroomkampus. My tuiste is die lewendige dorpskoshuis, Dinki, waar ek aktief deelneem aan koshuisaktiwiteite wat my persoonlike groei bevorder.

Na my voorgraadse studies is my doel om ‘n BCom-Honneurs in Bemarking te behaal. Hierdie stap maak ʼn baie belangrike deel uit van my loopbaanbeplanning.

Ek wil graag van dié geleentheid gebruik om die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds opreg te bedank vir die ondersteuning wat hulle aan my bied. Sonder die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds se finansiële ondersteuning sou ek nie my akademiese- en langtermyn loopbaandoelwitte kan behaal nie, dankie daarvoor!