Ek is 28 jaar oud en is  besig met my 3de jaar  onderwysgraad aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). Ek gee tans Graad 9 Wiskunde en Graad 10 tot Graad 12 Ingenieursgrafika en -Ontwerp.

Ek het my passie vir onderwys ontdek deur gebed en as gevolg van my vrou se invloed. Ek is tans ‘n Hoërskoolonderwyser aan die Hoërskool Roodepoort wat ook my alma mater is. Hier het ek groot geword en ook my vrou ontmoet. Ek het ‘n liefde vir teken en droom om eendag self my huis te ontwerp en te laat bou. Ek het laat in my lewe begin ‘swot’ omdat die finansies nie beskikbaar was direk na skool nie. Wanneer ek gradueer sal ek die 2de persoon in my familie wees wat “graad vang”.

Ek het gehoor van die Noordelike Helpmekaar-studiefonds (NHSF) deur my vrou wat ook die geleentheid gehad het om Filmproduksie te ‘swot’ met die hulp van die NHSF.  Ek is  elke dag dankbaar dat ek  die geleentheid  het om te studeer en onderwys te gee.