Nadat ek in 2019 matriek geskryf het, het ek by NHSF om ‘n lening aansoek gedoen. Ek het met behulp van NHSF twee diplomakursusse voltooi.  Ek het vir 2 jaar Argitekstegnologie en daarna vir 2 jaar Projekbestuur studeer.

Gedurende my projekbestuur-studies moes ek by ‘n ingenieursmaatskappy ‘n internskap voltooi.  Dit het so goed gegaan dat ek sedert Augustus 2023 by die maatskappy werk en vanaf Maart 2024 permanent aangestel is.

My studies sowel as my loopbaan is te danke aan NHSF se finansiële ondersteuning.  NHSF se hulp het  beteken dat ek op my studies kon fokus.  Omdat ek nie bekommerd was oor klasgelde nie, kon ek my tyd en aandag aan my studies wy.  Ek het baie hard gewerk om goeie punte te kry en NHSF het my die hele tyd ondersteun.  Tannie Joan was altyd net ‘n oproep weg, en haar ondersteuning is goud werd.

Noordelike Helpmekaar-Studiefonds is die manier waarop ek en soveel ander studente onsself kan bemagtig om die toekoms met vertroue aan te pak.