Ek is tans besig by Sol-tech se Monumentpark-kampus, met my beroepsertifikaat – Elektries en my droom is om na my elektriese sertifikaat, te spesialiseer in PLC- Beheerstelsels.

Ek geniet dit baie om hier te kan studeer, aangesien hulle een van die beste vir die tipe opleiding in die land is. Die kursus is vir my baie interessant, en ek leer elke dag iets nuuts en verbreed my kennis.

Ek geniet veral Ingenieurswetenskap en Wiskunde en die uitdagings wat dit bring verg harde werk en toewyding.

Ek het n passie vir rekenaars en die tegnologie wat daarmee gepaard gaan. Ek glo dit gaan my in staat stel om dit tot my voordeel te gebruik in die Elektriese bedryf.

Met hierdie kwalifikasie wil ek baie graag ‘n bydrae lewer tot die groei van die ekonomie in  Suid Afrika en om eendag my eie onderneming te bedryf, asook werk te verskaf.

Na n lang dag van harde werk, ontspan ek graag met n paar rekenaar speletjies of ‘n opwindende boek.

Danksy NHSF se finansiële hulp, kan ek meer fokus op my studies en met hulle ondersteuning word ek n kans gegee om my passie uit te leef. Baie dankie NHSF!