My naam is Corné Venter en ek het ‘n probleem! My probleem is dat ek dol-gek verby is oor motorvoertuie, enjins, onderstelle en alles wat daarmee gepaard gaan. Vra my enige iets oor enige motorvoertuig en ek antwoord jou sommer nou dadelik!

As jong-seun was daar net een vraag waaroor ek onophoudelik kon dink: “Hoe gaan ek eendag my werk kan kombineer met my passie?”. So het die soektog begin, en na vele dinkskrums was ek steeds raadop. Dit is hier waar die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds in die prentjie kom. NHSF het dit vir my moontlik gemaak om by Sol-Tech my as Auto-Elektrisiën te bekwaam.

Na ‘n suksesvolle “Teorie Fase”, sien ek uit na die res van my kursus en kan ek nie wag vir al die interessante uitdagings wat vir my voorlê eendag as Auto-Elektrisën nie. Dit alles te danke aan NHSF. Ek hoop en glo dat ander jong mense, nes ek, ‘n geleentheid sal kry in die lewe soos wat aan my gegee is deur die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds!