Ek studeer tans vir die BCom Ondernemingsbestuursgraad aan die  Akademia Universiteit.  Ek is in die 3de jaar van my studies en te danke aan die lening kan ek met sukses my studies voltooi. Die Noordelike Helpmekaar Studiefonds se lening het my die kans gegee om my studiedrome te bewaarheid sonder om my te bekommer oor waar ek die finansies gaan kry om ‘n sukses daarvan te maak.

Op skool het Besigheidstudies my fasineer en ek het die vak baie geniet. Dit was ook een van my vakke waarin ek die beste in gevaar het. Dit het my laat besluit om vir die BCom Ondernemingsbestuur in te skryf.

My doelwit is tans om in projekbbestuur verder te studeer nadat ek my studies voltooi het in 2024. Projekbestuur saam met Menslike Hulpronbestuur is tans my passie en ek sal in een van die velde wil spesialiseer. Ek het ‘n belangstelling ontwikkel in Projekbestuur van die begin van die jaar af en dis ook ‘n veld waar ek myself in kan sien werk.

Te danke aan die lening kon ek verder my drome nastreef en is ek trots om te kan sê ek is vandag in die finale jaar van my studiereis. Die lening het my die kans gegee om vir myself ‘n goeie toekoms te bou. Die Nooderlike Helpmekaarlening gee jong mense ‘n toekoms en ‘n kans om hulself akademies te verbeter.