Ek is tans’n derdejaarstudent aan Wits, waar ek in my finale jaar is van die BSc Construction (in the field of property studies)-graad. Dit was aanvanklik in my eerste jaar ‘n  moeilike aanpassing  by die nuwe omgewing met taal- en kultuur verskille. Gou het ek vriendskappe gesmee en ingeskakel by verskillende kultuurgroepe. My deursettingsvermoë en harde werk het daartoe gelei dat ek een van die topstudente in my groep geword het.

As gevolg van die modules wat ek neem ,  stel ek veral belang  in die Ekonomiese en Finansiële aspek van die eiendomsbedryf. Ek sal graag volgende jaar’n Honneursgraad in “Property Studies’’ wil neem, en daarna ook voortgaan met ‘n Meestersgraad.

Ek was so dankbaar toe ek genooi is om aan te sluit en deel te word van die “Golden Key International Honours Society’’. Ek glo hierdie toekenning gaan voordelig vir my toekoms wees.

Ek glo daar lê ń blink toekoms oop voor my in die studierigting wat ek volg, en waardeer die bystand en ondersteuning wat ek ontvang.