“Nothing worth having comes easy”

Dit is ‘n gesegde waaraan ek myself gereeld herhinner op die uitdagende akademiese reis waarmee ek tans besig is.

Daar is definitief tye wanneer ‘n mens voel jy wil opgee en dat jou studies jou onder kry , maar dan moet jy jouself herhinner dat die beloning wat jy aan die einde gaan kry die moeite werd gaan wees.

Ek is tans besig met my BCom Honneurs  in Menslike hulpbronbestuur aan die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom. Ek is steeds in Heide- dameskoshuis en dien op ‘n verskeidenheid van komitees.  Ek neem dan ook in koshuisverband aan verskeie sportsoorte en kultuuraktiwiteite deel en is lief daarvoor om te gaan gym .Ek het van die begin van my studies besluit dat akademie die belangrikste prioriteit is en het vir myself die doelwit gestel om onderskeidings in soveel as moontlik van my modules te kry.

Buiten die merietetoekenning, wat ek so bevoorreg is om te ontvang van die Noordelike Helpmekaar-Studiefonds is ek ook verlede jaar (2023) aangewys as die beste 3de jaar BCom Menslike hulpbronbestuur-student aan die Noord-Wes Universiteit Potchefstroom . Dit is werklik vir my so verblydend om doelwitte wat ek vir myself stel, te bereik.

Ek wil graag ook van hierdie geleentheid gebruik maak om net weer eens my opregte dank aan die NHSF uit te spreek vir die hulp en ondersteuning. Dit is vir my moontlik om te floreer op universiteit a.g.v die NHSF, oorvloedige genade van Ons Vader , ondersteuning van my familie en vriende en ‘n nougesette pligsbesef. Ek hoop om in die toekoms in die korporatiewe wêreld opgeneem te word en glo ek sal my merk as suksesvolle hulpbronbestuurder kan maak.

Dankie weer eens aan die NHSF wat hierdie geleenthede moontlik maak. Ek hoop dat my suksesverhaal baie ander voornemende studente sal inspireer om hul doelwitte na te streef en nie tou op te gooi nie.