Na 4 lang jare van uithou- aanhou- en moedhou is daar lig aan die einde van die tonnel! Ek kan beslis die stelling maak dat Medies akademies en emosioneel uiters uitdagend is.

Van vreugdevolle en hoogtepunt-gevalle tot baie hartseer en neerdrukkende situasies.

Dit kleur jou dae in as mediese student. Dr. Joan Louwrens skryf in haar boek , A Wilder Life :” For all my far-flung patients — always my best teachers.” En ek kan getuig hiervan!

Tussen die werk deur en ‘swot’ is dit vir my baie belangrik om by die mense naaste aan my uit te kom en tyd te maak om saam met hulle te kuier. Ek laat ook nie sommer ‘n vakansie verbygaan sonder om seker te maak ek het een of ander staproete in die berge voltooi nie. Dis die klein dingetjies in die lewe wat regtig saakmaak vir my!

Ek is so dankbaar vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat my tot dusvêr gehelp het om my droom te kan najaag. Sonder die ondersteuning sou ek nie hierdie uitdagende 5 jaar  agter die rug kon kry nie! Ek is baie dankbaar vir die geleenteid, en om met n glimlag op my gesig te kan sê ek is oor ‘n paar maande ‘n dokter!