Ek is innig dankbaar dat die Noordelike Helpmekaar Studiefonds weer eens hul onwrikbare ondersteuning en geloof in my aspirasies getoon het! Sedert my verskyning op hul suksesverhale in 2023 het my lewe ‘n paar interessante draaie geloop.

Ek het my graad in BA Kommunikasie  aan die NWU ontvang en is ook as ‘n lid van die Golden Key International Honours Soceity aangewys. Ek was ook gelukkig genoeg om my eerste werk te kon kry.

Ek is tans ‘n dosent by Newbridge Graduate Institute, waar ek grafiese ontwerp en kommunikasie vir studente aanbied. Dit is ‘n ongelooflike ervaring en ek is dankbaar dat ek nou my kennis aan ander studente kan oordra.

NHSF se toewyding om individue soos ek te bemagtig, is werklik prysenswaardig, en ek voel nederig om ‘n ontvanger daarvan te kon wees.

Sonder NHSF se ondersteuning sou ek nooit hierdie geleenthede gehad het nie. Dankie dat julle ‘n deurslaggewende rol gespeel het om my drome ‘n werklikheid te maak!