My naam is Judeke Balt. Ek is 21 jaar oud en is tans ‘n 3rde jaar BRek student.

Ek studeer aan die NWU Potchefstroom-kampus. Ek is in Kasteel Dameskoshuis waar ek ook op die Huiskomitee  dien. Ek geniet my studies verskriklik baie, want  dit is ‘n baie uitdagende graad en ek is mal oor uitdagings. Die studies het my geleer dat mens tot soveel meer in staat is as wat jy gedink het, en terselfdetyd hou dit jou ook nederig.

In my vrye tyd geniet ek dit om te draf en tyd saam met my familie en vriende te spandeer.

Ek glo dit is baie belangrik om ‘n gebalanseerde lewe te lei en tyd te maak vir dit waarvoor jy lief is so tussendeur die studies.

Ek is baie dankbaar teenoor die Noordelike Helpmekaar- Studiefonds wat dit vir my moontlik maak om te kan studeer en om sodoende my volle potensiaal te bereik. Ek is baie opgewonde om te sien wat vanjaar se studies vir my inhou en om dan ook my Honneurs volgende jaar te doen.