Ek het grootgeword met drie broers, daarom is dit geen verrassing dat ek my pad in die sportwêreld gevind het nie. Ek het my voorgraadse studies, BSc Sportwetenskap, in 2021 voltooi.

Met ‘n groot gesin soos myne, leer ‘n mens baie oor omgee en diensbaarheid. Ek is dankbaar vir hoe my ouers ons grootgemaak het, dié waardes vorm ‘n deel van my identiteit. Na my voorgraadse studies wat deur die NHS-fonds befonds is , het ek begin werk. Maar ek het altyd geweet dat ek iets in die mediese veld wou doen. Ek wil help en ‘n fisieke verskil maak.

In 2023 het ek die graad, BSc Biokinetika, behaal. Vanjaar werk ek as ‘n Biokinetikus-Intern by ‘n rehabilitasiesentrum in die Kaap, waar ons mense behandel deur wetenskaplik-gefundeerde bewyste oefening. Met ‘n eerste en ‘n  Honneursgraad agter my naam mag mense dalk dink ek is nou volleerd, maar dit is glad nie die geval nie. Ek leer steeds baie elke dag en word gereeld geïnspireer deur my kliënte en medewerkers. Ek is baie gelukkig in die veld en dink dit is waar ek hoort.

My sukses is te danke aan my familie wat my fisiek en emosioneel ondersteun het deur die vier jaar van harde werk, en aan die NHS-fonds wat my finansieel ondersteun het.