Ek wil graag die geleentheid neem om die Noordelike Helpmekaar Studiefonds hartlik te bedank vir hulle finansiële ondersteuning.

Ek is tans besig met my derde jaar mediese studies by die Universiteit van Pretoria. Die afgelope jaar het verby gevlieg in die warrelwind van akademie. In die verloop van die studies is dit soms ń uitdaging om nie net ń student te wees nie maar om ń mens te bly, in die sin van om te onthou dat die lewe oor meer gaan as net suiwer akademie, ons is omsingel deur mede studente wie elkeen hul eie uitdagings het.

Ons kan of klaar maak met net ń graad agter ons naam of ons kan tyd inruim om in die mense om ons se lewens betrokke te raak, en so kan ń mens klaar maak met ń graad en vriende om saam die lewe deur te gaan.

Die Here het my die jaar geleer dat my fokus my rigting bepaal, as Hy my fokus bly dan gaan die akademie natuurlik gebeur sonder dat dit my lewe oorheers wat dit dan moontlik maak om tyd te belê in die mense om my.

Hebreërs 12:1-3

Jana H. Beckmann