Tans is ek ‘n tweede jaar Rekeningkunde student (Bachelor of Accounting). Ek het altyd myself in die ingenieursveld gesien, maar die lewe het ‘n ander doel vir my gehad. Die loopbaan wat ek volg is redelik uitdagend aangesien ek nooit in die verlede  kon dink dat ek ‘n finansiële rigting sou volg nie. Tóg het die slapelose nagte alles die moeite werd gemaak.

Met al die harde werk, geniet ek dit vreeslik baie om tyd saam met my familie en vriende te spandeer; en ook om in my vrye tyd te reis om nuwe restaurante, resepte, en smake te ervaar.

Alhoewel die jaar uitdagend was, het ek elke oomblik daarvan geniet. Wat my sukses aangehelp het, was om elke dag te begin sonder die vrees om iets nuuts te leer. Ek beplan om ‘n toekomstige CA(SA) te word en ek stel daarin belang om te spesialiseer in Forensiese Ouditkunde. Ek is ongelooflike dankbaar vir die geleentheid wat NHSF my gegun het, Ek weet ek kan my drome bereik en beloftes vervul met hul deurlopende ondersteuning. Enige iets is moontlik as jy ‘n bietjie verbeelding gebruik.

Wees jou beste weergawe.