Ek is huidiglik ‘n derde jaar student by die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom waar ek BCom Bedryfsielkunde met Arbeidsverhoudinge studeer, met die hoop om in my honneurs en meesters jare te spesialiseer in Kliniese Sielkunde. As tiener was ek baie onseker wat om te studeer en wat die mees toepaslike loopbaan vir my sal wees. Ek het ingeskryf vir Bedryfsielkunde omdat ek as jong meisie wou voldoen aan die prentjie van ‘n suksesvolle besigheidsvrou wat vir groot organisasies werk. My ideale loopbaanprent het egter verander gedurende my eerste jaar van studies. Ek het besef ek wil steeds met mense werk , maar op ‘n baie meer persoonlike vlak. Daarom het ek besluit om kliniese sielkunde te studeer sodat ek ander kan (ek wil spesifiek jong mense en hoërskool kinders help omdat dit ‘n baie onsekere en onstabiele tyd in mens se lewe is) help met emosionele kwale, onder andere depressie, angs, spanning en ander verwante probleme wat hulle mag ervaar.

 

Ek is passievol oor skryf en ek skryf gereeld gedigte wat ek deel met vriende en familie op sosiale media. Ek hou van lees, want ek sien dit as ‘n vorm van ontsnapping van stressors in die lewe. Verder het ek ook ‘n passie vir kuns.  Ek skilder , teken, dans en sing as ‘n vorm van ontspanning en omdat ek dit baie geniet.

Ek is iemand wat baie akademies ingestel en vasbeslote is en hou daarvan om te presteer en ook om nuwe goed te leer.

Ek wil eendag ‘n merkwaardige verskil maak met my loopbaan . Al kan ek net een person help deur wat ek doen sal dit meer as genoeg wees vir my.