Ek is tans ‘n tweedejaar student  aan die NWU se Potchefstroom kampus(PUK) en bly in Eikenhof Dameskoshuis. Ek is besig met my BEd  in grondslagfase onderwys.

Iets wat ek vas aan glo is dat jy nie onderwys as loopbaan kies nie, maar die loopbaan kies jou – dit is hoe my storie begin het met die besluit om onderwys te studeer. Beide my ouers het aan die NWU-Puk studeer en baie van my familielede ook, daarom was dit van ‘n jong ouderdom af ‘n groot droom om by die NWU te kon studeer.

Een vers wat ek daagliks aan vashou is 2 Chronicles 15:7 “But as for you, be strong and do not give up, for your work will be rewarded.”

Sonder die hulp van my ouers en Pappa God sou ek nie so ver gekom het nie en kan ek al die eer aan Hom gee vir elke sukses wat ek behaal. My grootste droom is om die juffrou te wees wat ek op skool nodig gehad het, toe ek hulle ouderdom was. Veral in die grondslagfase is dit die bousteen vir kinders se skoolloopbaan, en daarom wil ek  eendag die beste juffrou wees vir elke kind in my klas en wil ek hulle help om hulle drome te bereik, al glo hulle self nie in hulle eie drome nie.

Ek sal vir ewig dankbaar wees vir die Noordelike Helpmekaar Studiefonds wat my ‘n geleentheid gee, nie net om aan my droom-universiteit te kan studeer nie, maar ook om ‘n verskil in kinders se lewens te kan maak.