Ek is ‘n derde jaar BCom Rek student aan die Universiteit van Johannesburg. Rek en meer spesifiek finansies is beslis ‘n passie waarin ek belangstel. Harde werk is nooit regtig maklik en lekker nie, maar wanneer ‘n mense die vrugte pluk van die werk wat ingesit is, verstaan ‘n mense hoekom dit die moeite werd is om die tyd in te sit. Dit is vir my ‘n voorreg om vir n tweede keer die merietetoekenning te kan ontvang by die Noordelike Helpmekaar Studiefonds. Dit motiveer my om elke jaar my alles te gee en ek sien uit vir wat die toekoms vir my inhou na al die harde werk en tyd wat ek insit.