Ek is tans in my derdejaar aan die NWU, besig met my B.Ed-graad in Onderwys vir die Senior Sekondêre fase en FET met Fisiese Wetenskap en Ingenieursgrafika en Ontwerp as my vakke van spesialisasie. Ek is ook ‘n lid van die Huiskomitee van Laureus Manskoshuis met die portefeuljes: Prak-JOOL en SJGD.

Ek het ‘n baie groot passie vir onderwys en ek geniet die beroep waarvoor ek my tans voorberei.  Ek wil eendag ‘n puik onderwyser by ‘n skool wees wat die opvoeding en onderrig elke dag na die beste van my vermoë aanpak.

Ek wil graag die Noordelike Helpmekaar Studiefonds bedank vir hul ongelooflike ondersteuning gedurende my studies. Sonder hul finansiële hulp sou ek nie die geleentheid gehad het om my akademiese doelwitte te bereik nie. Baie dankie NHSF!