Die Noordelike Helpmekaar-studiefonds het ten doel om verdienstelike studente finansieel te help.
As maatskappy sonder wins(MSW) poog die NHSFonds om soveel as moontlik studente te bemagtig om hulle studie-ideale ‘n werklikheid te maak deur voordelige studielenings. Terselfdertyd versterk die NHSF ook ‘n kultuur van verantwoordelikheid vir die terugbetaling van eie studieskuld — reëlreg teenoor die heersende gees van toe-eiening (‘entitlement’).
Uiteraard is fondse beperk en word enige finansiële skenkings of hulp ingeploeg om meer studente te help.
Skenkings/bydraes van die aard kwalifiseer vir belastingaftrekking kragtens artikel 18A van die inkomstebelastingwet. Dit geld ook vir testamentêre bemakings. Indien u belangstel om ‘n belegging in die toekoms van die jeug, ongeag ras of geslag, te maak en sodoende ook in Suid-Afrika, kontak die NHSF gerus by admin@nhsfonds.co.za of by (011) 782-9160.