Die Noordelike Helpmekaarstudiefonds (NHS) gee studielenings van tot R80 000 per jaar aan gekeurde studente wat self verantwoordelik wil wees vir hul verdere studies. Die lenings is terugbetaalbaar, maar  teen van die billikste voorwaardes wat beskikbaar is.

  • Ons is ʼn maatskappy sonder wins; geregistreer as openbare weldaadsorganisasie.
  • Ons direkteure kry geen vergoeding nie.
  • Ons steun op die helpmekaar-beginsel, naamlik elke student wat afstudeer en begin om sy of haar lening terug te betaal, help ʼn ander student met sy of haar studies.
  • Ons is ʼn Afrikaans-georiënteerde fonds, wat Christelik gefundeer is.
  • Alle voornemende studente kan vir ‘n lening aansoek doen.
  • Indien jy vir ʼn lening kwalifiseer, is die geleentheid dus ook vir jou beskikbaar, mits jy betyds aansoek doen.
  • Moenie die kans misloop nie!

Ons fisiese adres is 43 Woodleyweg, Cresta, 2194
Telefoonnommer : 011 782 9160
Selfoon Nommer : 066 417 6044

Hoe het die Helpmekaar-beweging onstaan? Klik hier om die hele verhaal te lees.

Klik hier om ons PAIA handleiding te lees.